LEESMY - <bluej-home>/lib/<language>/templates/newclass/LEESMY.txt
------------------------------------------------------------------

Hierdie lergids bevat klas-sjablone wat deur BlueJ gebruik word om lers te genereer.
Hierdie sjablone word gebruik vir klasse wat met die "New Class" funksie in BlueJ gegenereer word.

Aanpassing van sjablone
------------------------
Hierdie sjablone kan maklik geredigeer word om die verstekinhoud van die gegenereerde
lers aan te pas by u eie behoeftes.

Byvoeging van nuwe sjablone
---------------------------
Om 'n nuwe sjabloon daar te stel, skep 'n nuwe teksler met die ".tmpl" uitgang
(byvoorbeeld: "hoofklas.tmpl")

Name van mini-toepassings, koppelvlakke en abstrakte klasse moet onderskeidelik
begin met "applet", "interface" en "abstract".  As die naam met enigiets anders
begin sal dit beskou word as 'n standaard klas.

Hierdie nuwe (selfgemaakte) sjablone sal dan as opsies onderaan die lys van klastipes
bygevoeg word wanneer die "Maak nuwe klas" dialoogkassie in BlueJ vertoon word.

Die naam wat in die dialoogkassie moet verskyn kan ook apart gedefinieer word
deur die eienskap "pkgmgr.newClass.<sjabloonnaam>" in die "labels"-ler te definieer.
( Die "labels"-ler is by <bluej-home>/lib/<language>/labels. ) 
Byvoorbeeld as die volgende gedefinieer word

   pkgmgr.newClass.hoofklas=Klas met main() metode

dan sal die opsie "Klas met main() metode" in die dialoogkassie verskyn en dit sal
gebruik maak van die hoofklas.tmpl sjabloon om die kodegeraamte te genereer.

Indien die verstekposisie in die lys (d.w.s. onderaan) nie gewens is nie, kan die
posisie gespesifiseer word deur die nuwe sjabloon by te voeg by die lys
van die "bluej.classTemplates" eienskap in die BlueJ definisiesler
(<bluej-home>/lib/bluej.defs). Al die sjablone wat daar gelys word sal dan
in daardie spesifieke volgorde verskyn in die dialoogkassie.  Sjablone
wat nie daar gespesifiseer is nie, maar wel in die "templates/newclass" subgids
voorkom sal dan ongeorden onderaan die lys bygevoeg word.
